Subscribe by Email

Roger Federer onttrek hom aan die Franse Ope

roger-federer-img10267_668Die wêreld se nommer-drie-speler, Roger Federer van Switserland, het hom onttrek aan die Franse Ope omdat hy nie betyds herstel het van ‘n rugbesering nie. Federer het vroeër die maand sy rug beseer terwyl hy besig was met voorbereiding vir die Madrid Ope. Hy het aan die Italiaanse Ope deelgeneem, maar is in die derde ronde deur Dominic Thiem van Oostenryk uitgeskakel. Die 34-jarige Federer, wat aan 65 agtereenvolgende grand slams deelgeneem het, sê hy maak stadig maar seker vordering met sy algemene fiksheid, maar hy is steeds nie 100-persent gereed nie.