Subscribe by Email

Robotvliegtuigaanval

droneDie leier van die al Qaeda-terreurgroep in die Arabiese Skiereiland, Nasir al-Wuhayshi, is in ‘n vermeende Amerikaanse robotvliegtuigaanval in Jemen dood.

Hy was volgens berigte ook tweede in bevel van die groep wêreldwyd.

Die nuus oor sy dood Vrydag in die Jemeense Hadramout-streek is aanvanklik deur twee Jemeense nasionale veiligheidsamptenare bekendgemaak, en dit is ook later deur die militante groep self bevestig.

Die al Qaeda se militêre hoof, Qasm al-Rimi – ook bekend as Abu Hureira al-Sanaani – sal hom opvolg.