Subscribe by Email

Rhodes se akademiese program kom tot stilstand

rhodes1Studente aan die Universiteit Rhodes in die Oos-Kaap het beloof dat die akademiese program vandag heeltemal tot stilstand gaan kom. Dit volg op die vrylating van elf studente wat van seksuele aanranding aangekla is. Die voorvalle is op Facebook gedeel. Die studentekorps eis dat die instelling se beleid oor seksuele aanranding hersien word en twee kampusaanklaers moet bedank oor die manier waarop die slagoffers hanteer is. Visekanselier Sizwe Mabizela sê daar moet aandag gegee word aan die voorkoms van seksuele geweld en verkragting in die gemeenskap.