Subscribe by Email

Reuse swart gat in klein sterrestelsel ontdek

‘n Reuse swart gat met die massa van 17 miljard sonne is in ‘n klein, lensvormige sterrestelsel sowat 220 miljoen ligjare van die aarde ontdek.

Die sterrestelsel, bekend as NGC 1277, is veel kleiner as ons melkweg, maar sy swart gat weeg 4 000 keer meer as die swart gat in die melkweg.

Navorsers het gemeen swart gate weeg sowat ‘n duisendste as die totale massa van hul sterrestelsels, maar in NGC 1277 se geval, is dit ‘n sewende.

Dit blyk ook geen uitsondering te wees nie. Die navorsers van die Max Planck Instituut, wie se verslag vandat in die vaktydskrif Nature ver skyn het, het juis na ekstreme swart gate gesoek, en nog vyf buitengewoon groot tot verhouding van die sterrestelsels, swart gate ontdek.

Hierdie uitsonderings kan nie met bestaande teorieë verklaar word nie, aldus die span wat die ondersoek gedoen het.

‘n Vreemde verskynsel van die stelsel met die groot swart gat, is dat al die sterre in die stelsel ouer as 80 miljard jaar is.

Grafika: Trouw

Herman Toerien