Subscribe by Email

Reuse soektog na bende wat 1 jarige baba aangeval het

Die polisie onderneem ’n reuse soektog na die bende wat ’n Randburgse baba en haar oppasser aangerand het. Hulle beloof om geen steen onaangeraak te los en sal die “wereld omkeer” om hierdie brutale booswigte op te spoor.

Die bende het toegesak op die Robin Hills tuiste in Randburg gister (Donderdag) middag. Hulle het die kinderoppasser vasgebind, waarna hulle haar aangerand het en daarna ook die 1 jarige dogtertjie wreed aangerand. Die kind is blou in die gesig en bewusteloos deur haar ma gevind en ’n sekuriteits onderneming het met die baba na ’n hospitaal toe gejaag.

Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, het aan Eyewitness News gese “Ons wil beslis hierdie bende agter tralies sien. Ons sal die wereld onderstebo keer todat ons inligting het om hierdie verdagtes aan te keer”

Enige-een met inligting oor die aanval, kan ’n anonieme SMS stuur na Crimeline, by 32211. Alle persoonlike inligting sal anoniem gehou word deur Crimeline.