Subscribe by Email

Reuben veilig terug in Nederland

Reuben links, saam met sy 11 jarige broer wat omgekom het in vliegongeluk, afgeneem tydens hul vakansie in SA

Die negejarige Reuben, alleen oorlewende van die vliegramp in Tripoli, het Saterdag veilig teruggekeer na Nederland op ’n mediese ontruimingsvlug vanaf Tripoli.

Die militêre lughawe in Eindhoven, Nederland, waar die vliegtuig geland het met die beseerde Reuben aan boord, was nie toeganklik vir enige een van die publiek nie en Reuben is in ’n ambulans met getinte ruite in gelaai, wat hom verder vervoer het na die St. Elizabeth Hospitaal in sy tuisdorp, Tilburg vir verdere behandeling.

Sy oom en tante wat hom gaan uitken het in Tripoli en saam met hom teruggevlieg het na Nederland, het gesê dat hul hele familie nou die verantwoordelikheid van Reuben se herstel en toekoms op hulle sal neem en dat die familie se privaatheid gerespekteer moet word deur die media.