Subscribe by Email

Resenssie: Die Reine waar heid en ander liegstories

Herman Toerien se nuutste reusebydrae tot Afrikaanse humor is ‘n moet vir elke Afrikaanssprekende (en Afrikaner) om te lees! Die jonger geslag sal presies agterkom waar Dawid nou eintlik die wortels gegrawe het in ‘n tyd sonder Google of TV, en hulle kan inleef in die ongelooflike vertellings van toeka tot nou. Vir ons wat effe ouer is, herinner die leser hom aan stories wat pa en oupa kleintyd om die kaggel- of braaivleisvuur vertel het, maar jou nou byna heeltemal ontgaan het. So dikwels het jy gewens dat jy hierdie kosbare vertellings neergeskryf het, om dit nogmaals te kon geniet, en vir jou kinders en kleinkinders kon bewaar. Herman se besondere waarnemingsvermoë en unieke skryfstyl met hope humor en fynweg draaksteek, maak van Die reine waarheid en ander liegstories ‘n vreugde om oor en oor te lees en te geniet. ‘n Stukkie Africana op sy beste!

Elmaré Rossouw

Die e-boek, Die reine waarheid en ander liegstories is nou beskikbaar by Leserskring, Kalahari, My Books en Amazon deur Boekemakranka se maklike skakel. Onthou die boek tel ook vir klublede van Leserskring se verpligte maandelikse aankoop.