Subscribe by Email

Replika van boot uit Bronstydperk dryf dié keer

‘n Volgrootte replika van ‘n boot uit die Bronstydperk het nie net bly dryf nie, maar ‘n span roeiers het die boot deur sy passies gesit.

Die vraag of die boot sou by dryf het ontstaan na ‘n vroeëre replika, maar net die helfte van oorspronklike grootte, tydens die seremonie vir sy tewaterlating in Mei verlede jaar, dadelik begin sink het. Die bemanning was nog nie eens aan boord nie.

Die keer het die 18 manne aan boord die boot veilig uit die hawe by Falmouth in Cornwallis gestuur, en die see sonder probleme aangedurf.

Die oorspronklike boot, wat in 1963 by Ferriby gevind. Dit het sowat 2 500 jaar laas gevaar.

Die projek staan onder die leiding van prof. Robert van de Noort van die Universiteit van Exter, in samewerking met die Maritieme Museum van Cornwallis. Die bouwerk is deur vrywilligers gedoen onder die leiding van Brian Cumby, ‘n professionele bootbouer.