Subscribe by Email

Renteskandaal eis Barclays-topman

Die voorsitter van Barclays Bank se bestuursraad, Marcus Agius, het bedank, maar sal in sy pos aanbly tot ‘n plaasvervanger aangewys is.

Agius se bedanking volg na dit aan die lig gekom het dat Barclays ‘n reuse boete van 290 pond weens rentemanipulasie opgelê is. Die Britse premier het dadelik aangedring daarop Barclays teen die skuldiges optree.

Aguis se posisie is al lank onder druk omdat waarnemers meen hy is nie opgewasse teen die bestuurshoof, Bob Diamond nie. Diamond word as koppig beskou.

Aguis het met sy bedanking gesê daar is te veel goeie mense in Barclyas wie se integriteit bo verdenking is om onder so ‘n wolk te moet staan, en het daarom self in die swaard geval.

Foto: Reuters

Herman Toerien