Subscribe by Email

Renoster-sindikaat in hof

renostersindikaat

Hooflanddros Desmond Nair het borgtog aan Trudie Ras (38), vrou van die beweerde sindikaatleier Hugo Ras (40, Willem Andries van Jaarsveld (41), die vlieënier David Jacobus (Bonnie) Steyn (53) en Abraham Johannes (Arno) Smit (36) (Trudie se broer) geweier.

Die borgtogaansoeke van Hugo Ras, sy broer Anton (36) en Mandla Maxwell Magagula (36) ao. Willie Adriaan Oosthuizen (46) van die Valke end Matthys Christoffel Scheepers (37) sal op 8 Oktober aangehoor word.

Die prokureur, Joseph Joshua Wilkinson (43) van Sinoville, Pretoria se borgtogaansoek is reeds verlede week in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria geweier.

Al tien vermeende sindikaatlede moet weer op 8 Oktober in die hof verskyn,.

Daar is 318 aanklages teen die sindikaat waaronder aanklagte van rampokkery, geldwassery, diefstal, die onwettige besit van vuurwapens, onwettige jag van renosters  en die onwettige handel van renosterhorings.