Subscribe by Email

Reksprong pionier dood op Tafelberg

Die wereld se eerste ontwerper van die gewilde adrenalien gepakte reksprong en ’n ekspert in bergklim, Bob Woods, is dood in ’n val gister op Tafelberg, terwyl die persoon wat saam met hom op die berg was, beseer is. Sy identiteit is nog nie bekend nie.

Die beseerde bergklimmer is vir ligte beserings behandel deur Kaapstad se nooddienste en per helikopter na ’n hospitaal geneem.

Woods, gebore in Kaapstad, het na vele reise hom tuisgemaak naby Mooirivier in KZN. Hy word oorleef deur sy vrou, Kaolin, ’n seun en ’n dogter.

Volgens berigte het die twee geval toe een van hulle op ’n los klip getrap het of besig was om los klippe uit hul weg te kry en die grond onder hulle begin ingee het.

One Response to Reksprong pionier dood op Tafelberg

  1. senead

    Augustus 18, 2011 at 12:24 pm

    Ek is n leerder van elswood sekonder en doen toerisme ek voel baie jammer oor wat
    gebeer het ek wil self reksprong maar is nou nog banger oor wat gebuer het