Subscribe by Email

Reis na die maan

Die eerste bemande reis na die maan word op 9 Julie by Maropeng herdenk. Neil Armstrong het op 20 Julie 1969 sy eerste treetjie op die maan gegee.
Om die geleentheid te gedenk sal Maropeng se sterrekundige, Vincent Nettman met die sterrekyk-geleentheid ‘n skaalmodel van Apollo 11 inspan om die reis maan toe en terug te verduidelik. As die weer dit toelaat kan die sterrekykers deur ‘n groot verskeidenheid teleskope kyk.
Besprekings kan gedoen word by http://shop.maropeng.co.za/collections/frontpage/products/july-9-journey-to-the-moon