Subscribe by Email

“Regstellende aksie” – Obama wys kleure

Die Obama-administrasie het toegetree tot ‘n saak voor die VSA se hoogste hof, die Supreme Court, in ‘n saak waarin ‘n wit vrou die  Universiteit van Texas hof toe gesleep het na sy na beweerde rassediskriminasie toegang geweier is.

Die dispuut handel oor die maatreëls wat die universiteit tref om groter swart en Latino-verteenwoordiging in sy studentegeledere te kry. Die vrou, Abigail Fischer dagvaar die universiteit vir rassediskriminasie.

Na die Supreme Court voorheen teen regstellende aksie beslis het, het die universiteit ‘n “top tien” beleid gevolg waardeur toelating gebied is aan die top tien persent van skole in sy voedingsgebied. Hierdie ras-neutrale beleid het die persentasie swart en Latino-studente laat toeneem.

In 2006 het die Supreme Court egter met die beslissende stem van regter Sandra O’Connor beslis dat universiteite ‘n besliste belang het daarby om groter diversiteit te behaal. Die Universiteit van Texas het daarna weer raskwotas ingestel.

Regter O’Connor het intussen afgetree en is vervang deur ‘n konserwatiewer regter.

Die feit dat die Supreme Court besluit het om die saak aan te hoor word wyd vertolk as ‘n voorneme om regstellende aksie in die vorm van rasgebaseerde “affirmative action” as rassediskriminasie in die ban te doen. 

In  sy voorlegging voor die hof het Obama se verteenwoordiger aangevoer dat ras een van die faktore behoort te wees wat universiteite mag aanwend. Die ander faktore sluit in sosio-ekonomiese omstandighede en werksondervinding.

Obama het volgens die Los Angeles Times in  die verlede “gemengde seine” oor die kwessie gegee, en aangedui dat sy eie dogters weens hul bevoorregte posisie nie vir voorkeurbehandeling gehoort te kwalifiseer nie. Hierteenoor het hy gemeen arm blankes behoort wel te kwalifiseer.

‘n Storm het onlangs in die VSA losgebars na dit aan die lig gekom het dat Yale Law ‘n huidige kongreslid voorheen op voorkeur aangestel het om kwotas te bereik, omdat dié vrou glo deels Cherokee is. Dit blyk egter dat sou haar aanspraak op ‘n Cherokee-voorouer waar wees, sou sy 1/32ste Cherokee wees.

Volledige Los Angeles Times-berig by http://www.latimes.com/news/nationworld/nation/la-na-obama-affirmative-action-20120814,0,3342312.story