Subscribe by Email

Regsoptrede teen bakkery wat brood onder gewig verkoop.

Die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies het met regsoptrede begin teen die eienaars van die maatskappy, ” Baked for You” wat na bewering brood onder die voorgeskrewe gewig gebak het.

Dit volg nadat inspekteurs van die reguleerder op verskeie brode in die Wellingtongebied beslag gelê het wat ligter as die voorgeskrewe 600 gram was. In die meeste gevalle was die gemiddelde massa 429 gram.

Die eienaars van die bakkery in die Paarl het intussen ontken dat hy beplan het om verbruikers te mislei. Chris Wallis het gesê die betrokke brood is as sogenaamde begrotingsbrood sonder ‘n gewigsspesifikasie verkoop.