Subscribe by Email

Regeringsleiers gebruik al hoe meer Twitterplomasie

Vyf jaar na Twitter die eerste tweet gegee het, is verskeie regeringshoofde ook “op Twitter.” Onder hulle tel uiteenlopende en onwaarskynlike ringkoppe, soos Barack Obama, Kim Jong-il van Noord-Korea, Fidel Castro, Dmitry Medvedev van Rusland en Hugo Chávez, van Venezuelea.
En as jy dalk lus het om vir van die leiers in hul hêppie twiet in te stuur, verskaf die Christian Science Monitor sommer van hierdie wêreldleiers se tweetadresse ook.
Obama s’n is @BarackObama, Medvedev s’n is @MedvedevRussia en Kim (nie Kim Bassinger nie) s’n is @uriminzok (“our nation”)
Obana se kuberburgers beloop 7 miljoen, Medvedev het so ‘n kwart miljoen, en Castro sowat 100 000. Kanse vir ‘n persoonlike twittebering vir ‘n mens se voorbarigheid is dus half skraps.
Die regerings van Tunisië en Egipte is omvergetwiet, terwyl ander nog die finale twiet afwag.