Subscribe by Email

Regering word aangeraai om terreurwaarskuwings ernstig op te neem

START_GlobalTerrorismDatabase_2014TerroristAttacksConcentrationIntensityMap‘n Terreurkenner het die Suid-Afrikaanse regering gemaan om onlangse terreurwaarskuwings ernstig op te neem. Die Amerikaanse regering het die naweek ‘n waarskuwing uitgereik oor die moontlikeid van terreuraanvalle teen Amerikaanse burgers in Suid-Afrika – veral in Johannesburg en Kaapstad. Die Britse hoëkommissaris het daarna ook ‘n reiswaarskuwing opdateer. ‘n Navorser oor teenterreur by die Instituut vir Sekerheidstudies, Martin Ewi, sê terroriste sal toeslaan in stede waar dit die maklikste is om hulle doelwitte te bereik. Hy sê Suid-Afrika moet ernstig kyk na die waarskuwings om aanvalle te verhoed.

One Response to Regering word aangeraai om terreurwaarskuwings ernstig op te neem

  1. R de Vos

    Junie 9, 2016 at 10:19 am

    Het Suid Afrika nog die vermoens om iets soos terro aanvalle te kan hanteer ,

    Ons veiligheids stelsels is dalk nie volwasse genoeg om so ietrs teen te staan nie