Subscribe by Email

Regering wil appelleer teen die hofbeslissing oor Omar al Basjir

omar-al-bashir_650x400_81434284060Die regering wil appelleer teen die Appèlhof se beslissing in die saak van president Omar al Basjir van Soedan en dit na die Grondwethof neem. Die Appèlhof het beslis dat die regering fouteer het deur hom toe te laat om die land te verlaat toe hy verlede jaar ‘n beraad van die Afrika Unie in Johannesburg bygewoon het. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het destyds bevind dat Al Bsjir in hegtenis geneem moes gewees het ingevolge ‘n lasbrief van die Internasionale Strafhof teen hom. Die departement Justisie sê die regering glo die Grondwethof kan behoorlik duidelikheid gee oor die regsonsekerhede in die saak.