Subscribe by Email

Regering ‘wil Afrikaans nie knou’

BEELD  – Malani Venter

Stellenbosch. – Die regering het geen begeerte om van Afrikaans as onderrigtaal ontslae te raak nie, het dr. , minister van hoër onderwys, gisteraand gesê.

Hy het by die inhuldiging van mnr. Johann Rupert as 14de kanselier van die Universiteit van Stellenbosch (US) gesê die regering se standpunt is dat alle amptelike tale in Suid-Afrika, met inbegrip van Afrikaans, as ewe belangrik geag word.

“Ons taalbeleid vir hoër onderwys gee erkenning aan Afrikaans as ’n taal van geleerdheid en navorsing en stel dit baie duidelik dat dié taal as sodanig as ’n nasionale bate gehanteer en bewaar moet word.”

Waarteen die beleid wel beswaar maak, is die gebruik van Afrikaans as ’n hindernis tot toegang vir nie-sprekers.

Die US het al baie vermag in sy pogings om as een van die beste universiteite ter wêreld geag te word en het transformasiepogings aangewend, het hy gesê.

“Daar is egter steeds ’n uitdaging om jul inisiatiewe en prestasies om te skep in ’n institusionele kultuur wat ten volle insluitend, divers en waarlik Suid- Afrikaans is.”