Subscribe by Email

Regering se menseregterekord laat ‘n groot vraagteken – CDP

“Die regering se menseregterekord, is soos sy ‘verbintenis’ tot nie-rassigheid, besig om in ‘n skandaal te ontwikkel.

“Ons doen ‘n beroep op die regering om sy verbintenis tot menseregte en nie-rassigheid tasbaar te demonstreer deur weg te beweeg van rassediskriminerende wette eerder as om dit in die wetboek te versterk,” aldus ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Ons is veral onthuts oor die wyse waarop die ANC laer om Jimmy Manyi getrek het, en ‘n swye handhaaf oor Julius Malema se beroep op swart mense om as deel van die revolusie meer swart babas te verwek. Maar selfs dit staan in die skadu van die ANC se suksesvolle aansoek om as party tot ‘n hofsaak toe te tree – nie om menseregte te bevorder nie, maar om die sing van ‘n liedjie wat die bloed van ander vra, te verdedig.”