Subscribe by Email

Regering is bekommerd oor kinders wat in Pretoria aan onwettige optredes deelneem

Bronkhorstpruit2Die regering sê hulle neem kennis van berigte dat kinders aan onwettige aktiwiteite deelneem tydens die betogings in die Tshwane-metro in Pretoria. Hulle doen ‘n beroep op ouers om hulle plig na te kom en seker te maak dat hul kinders veilig en onder beskerming is. Betogings het die week uitgebreek nadat die ANC aangekondig het dat Thoko Didiza die party se burgemeesterskandidaat vir die metro is. Tydens die betogings in aanloop tot die plaaslike verkiesing, is vyf mense dood, 150 in hegtenis geneem en winkels is geplunder. Die regering sê hulle maak vordering om die gebied te stabiliseer en misdaad in en rondom die stad uit te roei.

2 Responses to Regering is bekommerd oor kinders wat in Pretoria aan onwettige optredes deelneem

  1. Dimitri Boer

    Junie 24, 2016 at 4:37 pm

    Die regering is bekommerd oor kinders mmmmm jy meen BARBAARE nie kinders nie BARBAARE. Kinders gaan nie so aan soos die klomp barbaare nie.

  2. sarie

    Junie 24, 2016 at 12:06 pm

    hulle word groot met vuurhoutjies,maar hier moet einde kom,dit lyk amper soos in boomstraat