Subscribe by Email

Reën en koeler weer in VSA bring min verligting

“Te min, te laat.” So word die swaar reën van tussen 25 en 38 millimeter beskryf wat oor dele van die droogtegeteisterde VSA uitgesak het. 

Die reën en koeler weer het te laat gekom om veel aan die mielie- en sojaoeste te doen, en het boonop baie van die verskroeide plante omgewaai.

Die koeler weer skakel ook die moontlikheid uit dat boere gou nuwe oeste in die grond kan sit, na die normale planttyd reeds op 4 Julie verstryk het.

Die kleinste soja-oes in tien jaar, en die kleinste mielie-oes in 17 jaar word steeds verwag.  Mielie- en sojapryse lewer steeds rekordbedrae op.

In die deelstaat Illinois is 100 van die 102 distrikte tot rampgebiede verklaar, wat beteken dat boere vir noodlenings teen lae rentekoerse kwalifiseer.

Die droogte het ongemaklik in die verkiesingsjaar vrae oor die VSA se etonolbeleid kom vra. Sowat 40 persent van die land se mielies word gebruik om etanol te vervaardig, en dié bedryf is ook nou onder druk.

 

 

Herman Toerien