Subscribe by Email

Reddingsoperasie in die Langlaagte-myn word gestaak weens ‘n brand

lang‘n Brand het veroorsaak dat die soektog gestaak moes word na onwettige werkers wat in die Langlaagte-myn in Gauteng vasgekeer is. ‘n Onbekende aantal mense het vermoedelik gesterf terwyl vier na die oppervlak gebring is. Die uitvoerende hoof van Mynreddingsdienste, Christo de Klerk, sê reddingswerkers gebruik asemhalingstoestelle, maar het ‘n gebied bereik waar die gaskonsentrasie só hoog is dat hulle nie verder kon gaan nie.

Johannesburg se burgemeester, Herman Mashaba, het die regering intussen gevra om dringend in te gryp in die probleem van onwettige mynbedrywighede. Hy is van plan om Minerale Hulpbronne te vra om ‘n oplossing te probeer vind vir die probleem in ongebruikte myne oral in die land. Mashaba sê mense werk onwettig in ou myne omdat hulle nie ander geleenthede het nie en nie omdat dit vir hulle lekker is nie.