Subscribe by Email

Rebellie teen Anglikaanse Kerk se gay-besluit

Meer kerkleiers rebelleer nou teen die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika se besluit om nié huwelike tussen mense van dieselfde geslag te seën nie. By een gemeente in Kaapstad het ‘n Anglikaanse predikant vandag van sy kansel af kapsie gemaak teen die besluit van die provinsiale sinode. Hy sê hy weier om mee te doen aan diskriminasie. Die Anglikaanse Kerk se sogenaamde Suider-Afrika- provinsie bestaan uit verskeie lande waaronder Angola, Namibië, Mosambiek en Suid-Afrika.  eNCAeNUUS