Subscribe by Email

Rassespanning by ET se moordverhoor – Video

Te midde van gonsende mediaberigte, hier ter plaatse, sowel as internasionaal, het die twee verdagtes van 15 en 21 jaar oud vandag in die hof op Ventersdorp verskyn op aanklagte van moord op Mnr. Eugene Terre’Blanche.

Verskeie mense het vandag buite die hof in Ventersdorp saamgedrom vir die moordsaak van die voormalige AWB-leier Eugene Terre’Blanche. Dit, ten spyte van ’n waarskuwing deur minister Howard Yawa dat die AWB nie na die hof mag opmarseer nie.

Na bewering het ‘n groep wit mense en ‘n groep swart mense mekaar buite die hof begin rondstamp nadat hulle elkeen die ou en nuwe Suid-Afrikaanse volksliedere teenoor mekaar gesing het. Die polisie het hulself tussen die twee groepe ingewurm en hulle  met lemmetjiesdraad van mekaar geskei.

Die fisiese konfrontasie het glo ontstaan toe ‘n wit vrou een van die swart mense met haar koeldrank gespuit het.

Volgens ooggetuies loop emosies voor die hof nog hoog. Die hofsaak word in camera gehou weens die ouderdom van die 15 jarige.

Hier is ‘n video oor die gebeure, goedgunstelik verskaf aan Koerant deur The Daily Maverick.