Subscribe by Email

Rand se verswakking kan verhoed dat brandstofpryse weer beduidend daal

petrol(R)Die Outomobiel-vereniging, die AA, sê die hoër olieprys en swakker Rand verhoed die beduidende daling in brandstofpryse wat vroeër die maand voorspel is. Die organisasie het vroeër verwag dat petrol sowat 69 sent per liter goedkoper kan word, diesel 94 sent en lampolie 92 sent. Die plaaslike geldeenheid het egter skerp verswak nadat die polisie se Valke-eenheid Finansminister Pravin Gordhan opdrag gegee het om by hulle kantore aan te meld. Die AA voorspel nou ‘n daling van net 25 sent in die petrolprys en 54 sent vir diesel en lampolie.