Subscribe by Email

Ramptoestand weens die droogte word in agt provinsies verklaar

wheat_Farmer_The+ConversationDie minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Des van Rooyen, het weens die voortdurende droogte ‘n ramptoestand in agt van die provinsies verklaar. Gauteng is die enigste provinsie wat nie hierby ingesluit is nie. Die ergste droogte in meer as 20 jaar het ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie en ‘n groot invloed op graanproduksie. Van Rooyen sê die weerstoestande wat tans in die grootste deel van Suid-Afrika beleef word, is die gevolg van ‘n natuurlike verskynsel wat gekenmerk word deur laer as normale reënval en verhoogde temperature en hittegolwe.