Subscribe by Email

Ramaphosa is bekommerd oor politieke moorde

RamaphosaPAdjunkpresident Cyril Ramaphosa het sy kommer uitgespreek oor polities-gemotiveerde moorde, veral in KwaZulu-Natal, en beskryf dit as ‘n verborge hand wat die ANC se verkiesingsveldtog wil laat ontspoor. Hy het tydens steunwerwing in Tembisa aan die Gautengse Oosrand gesê ‘n situasie kan nie toegelaat word waar moordenaars die reg kry om te besluit wie verkies word nie. Minstens twaalf mense is reeds vermoor in die aanloop tot volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing.