Subscribe by Email

Rafael Nadal sal nie op Wimbledon deelneem nie

Rafael-nadal-plays-a-retu-007 (1)Die wêreld se voormalige nommer-een-speler, Rafael Nadal, het bevestig dat hy weens ‘n besering nie aan Wimbledon sal deelneem nie. Die Spanjaard moes na twee rondtes uit die Franse Ope onttrek nadat hy sy polsgewrig seergemaak het. Nadal sê dit was ‘n moeilike besluit, maar sy gewrig het tyd nodig om te herstel en indien hy wel speel, kan hy sy gewrig verder beseer of selfs breek. Die toernooi op Wimbledon begin op die 27ste Junie.