Subscribe by Email

Radio-aanbieders oor krieket geskors

benTwee Nieu-Seelandse radio-aanbieders is vandag geskors omdat hulle ‘n vurige gesprek met die Engelse krieketspeler Ben Stokes se ma uitgesaai het sonder haar medewete. Jeremy Wells en Matt Heath van Radio Hauraki het die spot gedryf oor die laaste boulbeurt wat Stokes afgestuur het in Sondag se eindstryd van die Twintig20-Wêreldbekertoernooi. Carlos Brathwaite het vier agtereenvolgende sesse gemoker om aan die Wes-Indiese Eilande die titel te besorg. Deborah Stokes het die stasie gebel om haar seun te verdedig, maar het nie besef dat haar gesprek regstreeks uitgesaai word nie.