Subscribe by Email

Qwabe kruisondervraging voorgesit

qwabe

Dewani moordsaak

Die kruisondervraging van die veroordeelde moordenaar, Mziwamadoda Qwabe, sal vanoggend in die Wes-Kaapse Hooggeregshof voortgesit word.

Qwabe is besig om ‘n vonnis van 25 jaar tronkstraf uit te dien vir sy aandeel in die moord op die toeris, Anni Dewani in November 2010.

Hy het gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê hy was “geskok” toe hy die aand van 13 November 2010 ‘n skoot hoor afgaan.

Die hof het gehoor hy, Zola Tongo, die taxibestuurder, het die aanval op Anni sowat 20 tot 30 minute lank bespreek.

Qwabe het onder meer getuig hoe Monde Mbolombo, ‘n ou vriend wat saam met hom as toergids by die Kirstenbosch Botaniese Tuine gewerk het, hom met Tongo in verbinding gebring het.

Hy het verder getuig daar was ‘n aantal telefoongesprekke tussen hom, Mbolombo en Tongo oor ‘n man wat iemand gesoek het om sy vrou dood te maak.

Mngeni het besluit julle sal R 15 000 vra vir die “werk” wat gedoen moet word.

Qwabe het getuig dat Mbomlombo hom, Tongo en Mngeni op Saterdag 13 November by Khaya’s Basaar in Khayelitsha ontmoet het.  Daar is toe aan hulle gesê “Die man wil sy vrou dood hê.  Dit moet soos ‘n kaping lyk en moet in ‘n township plaasvind.”

Daardie aand is hulle tweekeer na Guguletu waar die kaping moes plaasvind.  Die tweede keer het hulle die motor gesien en dit gekaap soor ooreengekom is.  Hulle het Tongo se selfoon geneem en hom in NY111 in Gugletu afgelaai.

Dewani is in Funzastraat, Khayelitsha afgelaai waar hy deur hulle aangesê is om die voorval by die polisie aan te meld.

Volgens Tongo se getuienis was hulle naby Harare in Khayelitsha toe hy ‘n skoot hoor afgaan het,.  Hy het in die eerste straat afgedraai, stilgehou en uitgeklim.  Mngeni het hom in daardie stadium gevra om na die patroondoppie te help soek.  Hy het dit op die vloer by die agterste sitplek gekry.

Hulle het daarna geld wat in ‘n sak aan die agterkant van die passasiersitplek was, geneem en van die taxi wegbeweeg.

Tongo het getuid dat hulle die vuurwapen in ‘n afvoerpyp gegooi het.  Hy het geel kombuishandskoene aangehad en dit het hy langs die pad weggegooi.  Die geld, R 10 000 en ‘n verdere R 4 000 wat Mngeni glo by Dewani afgevat het, het hulle verdeel.

Mngeni het ook twee Blackberry selfone en ‘n Nokia selfoon by hom gehad.  Elkeen het toe sy eie koers ingslaan.

Qwabe is onder kruisondervraging gevra hoekom dit hom twee jaar geneem het voor hy ‘n pleitooreenkoms aangegaan het. Hy het geantwoord dat hy ‘n nuwe prokureur gekry het wat hom aangeraai het om die pleitsooreenkoms aan te gaan.

Die vraag is aan hom gestel, hoekom hy in sy vroeëre getuienis gesê het hulle het nooit bespreek hoe Anni doodgemaak sou word nie.