Subscribe by Email

Pukke se Varsitybeker-titel is in gedrang

Varsity-Cup-Rule-ChangesRugbynuus is dat Pukke dalk hulle Varsitybeker-titel ontneem kan word nadat dit bekend geword het dat die span van die Universiteit Noordwes ‘n vaskopstut gebruik het wat nie aan die reeks se vereistes voldoen nie. Pukke het die Maties verlede Maandag in die eindstryd op Stellenbosch met 7-6 verslaan. Volgens Sport24 het die vaskopstut Bart le Roux in al Pukke se wedstryde gespeel. Hy het as eerstejaar deelgeneem, maar is in 2014 ook as eerstejaar ingespan vir die Ixias van die Universiteit KwaZulu-Natal. ‘n Geskil is verklaar en die uitslag sal bepaal of Pukke hulle beker mag behou.