Subscribe by Email

Pukke en Maties dring deur na die eindstryd

Maties-RugbyPukke en Maties pak mekaar Maandag in die eindstryd van die Varsitybeker-reeks. Pukke het die Universiteit van Johannesburg in die halfeindstryd met 35-7 verslaan en Maties het hulle aartsvyande, Tukkies, tuis op Stellenbosch met 49-11 afgeransel. Die eindstryd word op die Danie Craven-stadion op Stellenbosch beslis.