Subscribe by Email

Pukke is die eerste keer die Varsitybeker-kampioen

201401-keeptheaggro-promoDie Pukke van die Universiteit Noordwes is vanjaar se Varsitybeker-kampioen nadat hulle Maties met 7-6 geklop het in die eindstryd op die Danie Craven-stadion op Stellenbosch. Maties het na tagtig minute 6-0 voorgeloop, maar Pukke het minute lank hulle doellyn aangeval en nege strafskoppe afgedwing terwyl twee Maties met geelkaarte afgestuur is. Die Pukke-flank Marno Redelinghuys het uiteindelik in die 89ste minuut oorgeduik vir ‘n drie wat deur Ryno Smith verdoel is. Dit is Pukke se eerste titel.