Subscribe by Email

Proteas wil Nieu-Seeland vandag met die bal peper

27proteasceleSuid-Afrika se kaptein, Faf du Plessis, sê die span moet meedoënlooos met die bal wees wanneer spel vanoggend hervat word op die derde dag van die tweede toets teen Nieu-Seeland in Centurion, Gauteng. Die Proteas het hulle eerste beurt gister gesluit op 481 vir ag, met Du Plessis onoorwonne op 112. Vernon Philander en Dale Steyn het daarna elk ‘n paaltjie geneem en ‘n derde kolwer is uitgehardloop om die besoekers met uitskeityd te laat steier op 38 vir drie. Du Plessis sê hy het tydens sy kolfbeurt probeer om geduldig te wees en swak aflewerings te straf: