Subscribe by Email

Proteas – verloor vandag nie ‘n opsie

Die Suid-Afrikaanse eendagspan móét vandag teen die Engelse Rose wen om nommer een ter wêreld in eendagkrieket te bly.

Die Proteas loop met een – nul in die reeks van vyf, nadat die eerste uitgereën het. In die tweede wedstryd het die Protes danksy ‘n veral ‘n skitterende 150-tal deur Hashim Amla en ‘n verwoestende boulvertoning deur Vernon Philander maklik geseëvier.

Hashim Amla, Jacques Kallis, Dale Steyn en Vernon Philander is daarna in die Internasionale Krieketraad se wêreldspan “ingesluit” en AB de Villiers as twaalfdeman.

Die Engelse sal vandag op die Oval alles in die stryd werp om die Proteas, wat hulle met hul oorwinning in die toetsreeks hulle topstatus as toetsspan gekos het, die loef af te steek. As veral Bell en Morgan vandag hul kolwe ingestel kry, sal die Proteas op meer as net ‘n eenman-kolfvertoning moet staatmaak van vanaand steeds as die wêreld se voorste eendagspan te gaan inkruip.

Herman Toerien