Subscribe by Email

Prominente dokter van Pretoria word ondersoek vir bedrog

’n Prominente mediese dokter van Pretoria word ondersoek vir beweerde bedrog van 60 miljoen rand. Die 36 jarige dokter se huise was Vrydag deursoek deur lede van die Valke. Daar word beweer dat die dokter, in samewerking met twee amptenare van die Departement van arbeid se werknemers kompensasie fonds, die regering uit R 60 miljoen bedrieg het, deur vals eise in te dien vir pasiënte wat nie bestaan nie.

Altesaam agt eiendomme wat aan die dokter en sy twee medewerkers behoort, is met lasbriewe deursoek. Daar is beslag gelê op ’n rekenaar, selfoon, duisende pasiënte lêers en bankstate by twee van die dokter se luukse wonings.

Kaptein Paul Ramaloko van die Valke sê dat die drie verdagtes nog nie in hegtenis geneem is nie. Die inligting waarop beslag gelê is, sal eers ondersoek word, waarna dit aan die Pretoriase magistraatshof voorgelê sal word vir ’n beslissing.

Die dokter moes na bewering  80 pasiënte per dag behandel het, vir 12 ure per dag, 7 dae per week,  teen ongeveer 5 minute per pasiënt, sonder om ’n breek te neem,  om sy eise aan die regering te kon regverdig.