Subscribe by Email

President Dilma Rousseff word vervang as president van Brasilië

brazilian-president-dilma-rousseffPresident Dilma Rousseff van Brasilië is uitgestem, wat ‘n einde beteken aan haar linksgesinde Werkersparty se bewind van die afgelope dertien jaar. Sy is in Mei geskors nadat die Senaat gestem het om haar in ‘n staat van beskuldiging te stel. Rousseff is beskuldig van die onwettige manipulering van geldsake om ‘n groeiende tekort te verbloem voor sy in 2014 herkies is. Twee-derdes van senatore het nou gestem dat sy verwyder word. Visepresident Michel Temer sal haar termyn voltooi wat begin 2019 eindig.