Subscribe by Email

Presidensie waarsku teen ‘n bedrogspul rondom die geld wat Zuma moet terugbetaal

Nkandla Cash CowDie Presidensie het gewaarsku teen ‘n bedrogspul op sosiale media waarin mense gevra word om geld in bankrekenings in te betaal om president Jacob Zuma te help om die Nkandla-geld terug te betaal. Dit volg nadat die Tesourie gister bekend gemaak het dat Zuma 7,8 miljoen Rand moet terugbetaal van die byna 250-miljoen Rand se staatsgeld wat aan sy privaat landgoed bestee is. Die Presidensie het beklemtoon dat geen bankrekening vir dié doel geopen is nie en dat die publiek nie gevra is om geld by te dra nie.