Subscribe by Email

Presidensie verwerp bewerings dat die regering net reageer wanneer daar geweld plaasvind

fire_MalalulekaDie kantoor van die president het mediaberigte verwerp wat beweer dat betogings gewelddadig raak omdat dit die enigste taal is wat die regering verstaan. Dit volg nadat die regering daarvan beskuldig is dat hy te laat reageer het op protesaksie, insluitend die betogings oor munisipale afbakening in Vuwani, Limpopo. Die regering verwerp ook bewerings dat hy net reageer wanneer daar geweld en chaos is. Die kantoor sê geweld en anargie kan nooit geregverdig word nie en voeg by dat hy voortdurend met gemeenskappe kontak het oor sy programme en na hulle kommer oor sake luister en daarop reageer.