Subscribe by Email

Pres. Zuma doen beroep op buitelandse regerings om saam te werk

Jacob_Zuma

President Jacob Zuma het ‘n beroep op verteenwoordigers van buitelandse regerings gedoen om met die regering saam te werk en inisiatiewe te ondersteun wat ekonomiese groei stimuleer.

Hy het in Pretoria gepraat waar elf diplomatiese sendings hulle geloofsbriewe aan hom oorhandig het.

Die president sê Suid-Afrika is daartoe verbind om met ander regerings saam te werk om verskeie sosio-ekonomiese mega-projekte te implementeer.

Hy sê sulke venootskappe sal help om ordentlike werksgeleenthede te skep, inklusiewe groei te verseker en streeks-integrasie te bevorder.