Subscribe by Email

Pravin Gordhan vra bewyse van beweerde korrupsie binne die SAL

epa02037297-south-african-finance-minister-pravin-gordhan-delivers-fnap54Finansminister Pravin Gordhan het opposisiepartye gevra om bewyse voor te lê van beweerde korrupsie binne die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Die Demokratiese Alliansie beskuldig die voorsitter van die SAL-raad, Dudu Myeni, van korrupsie en sê die onwinsgewende redery het ‘n fiskale swart gat geword waarin miljarde Rande gepomp word sonder enige opbrengs op die belegging. Gordhan het gister in die Parlement bevestig dat die SAL in die vorige twee boekjare 6,5 miljard Rand se verlies gely het.

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Julius Malema, het tydens die sitting na Myeni verwys as Dudu Myeni Zuma en gesê sy verdien die dubbel-van weens haar beweerde noue verbintenis met die president. Die minister van Huisvesting, Lindiwe Sisulu, het Myeni verdedig en aan Malema gesê het sy is inderwaarheid ‘n getroude vrou. Malema het daarop gesê Zulu moet ophou om haar soos ‘n feminis te gedra: