Subscribe by Email

Poskantoorwerkers dreig met ‘n volskaalse staking

post2Die kommunikasiewerkersvakbond CWU het die Poskantoor se bestuur sewe dae tyd gegee om te reageer op sy eise, anders sal ‘n onbepaalde staking begin. Vakbondlede eis ‘n verhoging van tien persent of ‘n syfer bo die inflasiekoers, permanente aanstelling vir tydelike werkers en ‘n reddingsboei van die regering vir die sukkelende instelling. Hulle het gister en vandag gestaak, maar die Poskantoor sê die invloed daarvan was minimaal.

One Response to Poskantoorwerkers dreig met ‘n volskaalse staking

  1. A J Esterhuizen

    Mei 8, 2016 at 7:33 am

    As ‘n oud Poskantoor werker, is dit vir my onverstaanbaar dat vandag se werkers nie meer trots is op hulle werk nie.In my dae was die Poskantoor die trots van sy werkers en die Publiek.Vandag is ons te bang om iets deur die Poskantoor te stuur, want jy weet nie of die item ooit sy bestemming sal bereik nie.

    My vraag is :::

    Gaan die Poskantoor ooit weer die trots van die Publiek wees? OF gaan hy met minagting van die Publiek misken word.