Subscribe by Email

Poskantoorstaking het verreikende gevolge vir Unisa-eksamens

Unisa

Die voorslepende poskantoorstaking het verreikende gevolge vir die studente wat deur Unisa afstandonderrig ontvang. Die Unisa studente wat die ergste geraak word is veral studente wat nie hul eksamen hieroor kon skryf nie.

’n Woordvoerder van Unisa sê die studente is afhanklik van die poswese se diens om hulle studies ongehinderd te voortsit, en word nou erg geraak deur die staking.

Die grootste probleem is die swak kommunikasie met studente oor eksamen verwante dokumente wat nie die studente bereik nie.

Studente kan nie hulle take by Unisa uitkry nie, alhoewel daar ’n persentasie is wat dit per e-pos gedoen kry, maar dit is nie almal wat oor die fasiliteit beskik nie.

Reëlings is ook getref dat waar moontlik, studente hulle stukke kan gaan afhaal, of in handig as hulle nie e-pos fasiliteite het nie.

Van die studente het aangedui dat hulle genoodsaak is om van koerierdienste gebruik te maak in ’n poging om op datum te bly met hulle studiewerk.