Subscribe by Email

Polisiebeamptes betrokke by plaas aanvalle.

Landbou.com berig op hulle webwerf dat nog ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is die afgelope naweek tydens ‘n moontlike aanval op ‘n plaas naby Schweizer-Reneke in Noordwes aangekeer. Kapt. Aafje Botma sê die 36-jarige polisiebeampte van Amalia en ‘n verdagte wat tydens die voorval gewond is, sal binnekort in die hof verskyn.

“Ek kan nie bevestig dat dit ‘n plaasaanval was nie. Die mans staan tereg op aanklagte van onwettige betreding van eiendom met moontlike kriminele voornemens,” sê Botma.

Volgens Botma het die 44-jarige voorman van die plaas, wat saam met die eienaar in sy huis bly, Saterdagnag wakker geword van ‘n geruk aan die kombuis se deur. Hy het na bewering sy vuurwapen uit die kluis gaan haal, en met sy terugkeer na die kombuis het die verdagtes die deur reeds oopgebreek.

“Hy het ‘n skoot deur die deur geskiet, en een van die verdagtes is in sy been getref. Nadat hulle die deur oopgemaak het, het hulle die gewonde verdagte op die vloer gekry, maar die ander een (die polisiebeampte) het reeds gevlug. Dié verdagte is ‘n entjie van die huis af aangekeer.”

Lees die volledige berig hier.