Subscribe by Email

Polisie verskaf meer as 5300 vuurwapens aan kriminele die afgelope twee jaar

Die afgelope 2 jaar is meer as 5300 vuurwapens vermis of “gesteel” uit polisiekantore reg deur die land. Volgens ’n geskrewe antwoord van die minister van polisie, Nathi Mthethwa, is slegs 10% hiervan teruggevind.

’n Tabel in sy geskrewe antwoord toon aan dat 2603 vuurwapens die afgelope boekjaar verlore is en 2759 het verlore gegaan die vorige jaar. Van hierdie vuurwapens het 457 verlore geraak by die polisie se hoofkantoor in Pretoria.

Vuurwapens wat verlore is, per provinsie, wys dat KZN en Mpumalanga die meeste het wat verlore is en dat daar ’n toename die afgelope jaar in daardie twee provinsies voorkom, terwyl daar darem ’n afname in die Oos-Kaap was.  Mthethwa het ’n ondersoek hieroor aangevra deur die Siviele Sekretariaat van die polisie.