Subscribe by Email

Polisie slaan toe op onwettige aborsie kliniek in Johannesburg

Die ma van ‘n 16 jarige meisie, was geskok toe polisie by die DayNite aborsie kliniek in Johannesburg se sentrale besigheids distrik, waarheen sy haar dogter heen geneem het, inbars terwyl daar gereed gemaak was om haar dogter se aborsie uit te voer. Haar dogter is 5 maande swanger, en volgens die ma is sy na die spesifieke aborsie kliniek verwys deur ‘n mediese dokter van Braamfontein.

Volgens die ma het sy Maandag na die kliniek gegaan, waarop hulle haar R 1000.00 deposito gevra het. Sy het egter net R 900.00 gehad, wat sy toe aan hulle gegee het, waarop hulle haar aangese het om die volgende dag terug te kom. Sy het die volgende dag teruggekeer, en was geskok toe die polisie in hul konsultasie kamer inbars. Sy wil nou net haar geld terug eis, omdat, volgens haar die aborsie op haar dogter nooit  plaasvind het nie.