Subscribe by Email

Polisie skiet 15 jarige dood

Polisie in KZN wat op soek was na ‘n ontsnapte verdagte, het ‘n onskuldige 15 jarige seun in sy ouerhuis naby Empangeni doodgeskiet.

Na wat berig word, het die polisie om 3 uur in die oggend by ‘n huis ingebars, en skote afgevuur. Die 15 jarige Kwazi Ndlovu van Tiesand Technical School naby Empangeni is koelbloedig doodgeskiet waar hy in sy ouerhuis op die rusbank geslaap het.

Na wat beweer word, het die polisie daarna probeer om hulle daad te verbloem, deur te weier dat sy ouers, wat uit hul kamer gekom het, hom sien. Hulle het die pa van die kind in ‘n polisie voertuig gelaai en meer as 40 minute met hom rondgery, terwyl die kind se ma buite die huis gehou was. Sy beweer dat sy op ‘n stadium deur die polisie se versperring by haar deur gebars het, en haar dooie kind op die rusbank gesien het, met ‘n “geplante” vuurwapen langs hom.

Vir die pa van die kind het hulle gese sy kind word aangehou vir ondervraging, toe hy na die polisierit met hom, terugkom,

Volgens die ouers probeer die polisie die feit dat hulle sy kind doodgeskiet het sonder rede, verbloem, deur voor te gee sy seun was gewapen, maar sy seun besit geen wapen nie.

Volgens die polisie ondersoek na die voorval, het die polisie erken dat daar ‘n wapen gevind was.

Was die wapen geplant en is dit die rede waarom die ouers weggehou was van die toneel?

Die onafhanklike klagte direktoraat is na verneem word besig om die saak te ondersoek.