Subscribe by Email

Polisie sê hulle gebruik geweld teen studente net as laaste uitweg

violenceDie polisie word beskuldig van hardhandige optrede tydens studentebetogings, maar hulle sê hulle gebruik net geweld wanneer betogers weier om opdragte te gehoorsaam. Polisielede is by die Rhodes Universiteit opgemerk waar hulle rubberkoeëls op betogers afvuur en ‘n student na ‘n polisievoertuig sleep. Die polisiewoordvoerder, Vuyisile Ngesi, verduidelik hulle gebruik geweld teen studente net as laaste uitweg.