Subscribe by Email

Polisie ondersoek beweerde verkiesingsbedrog in KwaZulu-Natal

750x500q701H4A8186Die polisie ondersoek beweerde verkiesingsbedrog in ‘n wyk in die KwaDukuza-munisipaliteit in KwaZulu-Natal. Daar word beweer dat pensioentrekkers eers ‘n spesiale stem uitgebring en daarna ook op verkiesingsdag gestem het en dat die kiesbeamptes almal aktief betrokke is by die ANC in die streek. Die saak is aanhangig gemaak deur ‘n raadslid van die Demokratiese Alliansie, Thokozani Gumede, wat beweer dat ‘n verkeersamptenaar sommige van die pensioentrekkers opgelaai en na ‘n spesifieke stempunt in die gebied vervoer het.