Subscribe by Email

Polisie keer kinders om skool toe te gaan

Eyewitness News berig dat die Zimbabwiese polisie by skole se hekke in Zimbabwe geplaas is om leerders wat nie hul skoolgelde betaal het nie, toegang tot die skoolterrein te weier.

Die winter skooltermyn in Zimbabwe het Dinsdag begin en sommige skole het gesê dat hulle 100de duisende VSA dollars geskuld word in agterstallige skoolgelde.

Die polisie is ontplooi by prominente skole se hekke, soos die Harare Girls High en Queensdale Primary School. Leerders wie se ouers hul skoolgelde betaal het, is groen kaarte gegee om vrylik deur die skoolhekke te beweeg, terwyl die sonder n groen kaart, weggewys word deur die polisie.

Siviele regte groepe het sterk gereageer oor die teenwoordigheid van die polisie voor skoolhekke. Die Zimbabwiese prokureurs vir menseregte sê dat die polisie in Zimbabwe is welbekend vir hulle gebruik van geweld en hulle hoort nie naby skole te wees nie.